Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 01 Sep 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 60% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 60% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week se skatting en laer as die vorige jaar se 62% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021, R28/ton laer verhandel om teen R3 191/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R34/ton laer verhandel om teen R3 362/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 56% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.
Die 56% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week se skatting en laer as die vorige jaar se 66% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R104/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 675/ton te sluit.
Koring:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 88% van die Amerikaanse lentekoring reeds gestroop.
Die 88% wat reeds gestroop is, is meer as die vorige seisoen se 66% voltooi en ook meer as die 5 jaar gemiddeld van 71% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R51/ton laer verhandel om teen R5 400/ton te sluit.
OFM News
