On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 03 Sep 2021

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: MEDICALNEWSTODAY.COM

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit...

Sien onderstaande PODCAST

Die ad hoc-komitee wat daaraan werk om artikel 25 van die Grondwet te wysig om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding, is nog 'n verlenging toegestaan. Dit is Donderdag 2 September in 'n vergadering van die Parlement se Programkomiteee bekend gemaak. Die verlenging tot 10 September is om die komitee in staat te stel om sy werk te voltooi. Die ad hoc-komitee sal na verwagting dan vergader om die voorgestelde konsepwet van die 18de Grondwetwysigingswetsontwerp te aanvaar. Dié tweede konsep van die wetsontwerp sal egter nie die bepalings insluit om die afsnydatum van die grondhersteleise van die bestaande datum van 1913, na Januarie 1800 te verander nie, of om tradisionele grond van onteiening vry te stel nie. Dit sal in die derde konsep vervat word. Die wetsontwerp maak egter voorsiening vir staatsbewaring van sommige grond.

A forensic investigation into the appointment and performance of a company that was appointed by the North West Department of Agriculture and Rural Development is underway. The National Department of Agriculture said - in a written response to a question tabled in Parliament - the investigation into the appointment of Agridelight has been instituted as part of the Section 100 intervention into the affairs of the provincial department. The company was appointed by the department as an implementing agent. OFM News' Katleho Morapela reports the investigation was commissioned and supervised by National Treasury and forms part of a collaboration with the Directorate of Priority Crime Investigations. The scope of the work set out in the initial contract between the company and the provincial department is not yet known and a report is expected to be tabled soon.

Insetkoste vir die 2021/22-somergraan-oes is sowat 18% hoër. Landbou.com berig ná maande se opwaartse aanpassings vir die mielieoes is die jongste oesskatting ’n raps laer. Die nasionale oesskattingskomitee (NOK) se sewende oesskatting vir somergraan raam Suid-Afrika se kommersiële mielieoes op 16,316 miljoen ton. Dit is 0,7% of 114 850 ton minder as die vorige skatting van 16,431 miljoen ton einde Julie. Die verwagte opbrengs is 5,92 ton per hektaar. Tog is die geskatte 2020/21-mielie-oes steeds 7% groter as die 2019/20-oes. Dit is die naasgrootste oes nog ná die 16,8 miljoen ton in 2017/18. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, gaan na verwagting 84% van die 2021-oes produseer, sê die NOK. Die groot oes word hoofsaaklik toegeskryf aan gunstige weersomstandighede en ’n 6%-styging in die oppervlakte wat met mielies beplant is.

EN

The Cannabis for Private Purposes Bill recently came under scrutiny. This as the Portfolio Committee on Justice and Correctional Services held a two-day engagement with several government departments, which included the Department of Agriculture and Rural Development (DALRRD), on its work around cannabis for medical and personal use. During the virtual meeting, Thabo Ramashala, Directorate Plant Production at the DALRRD, said the department first took up lessons that came from various countries that have embarked on the commercialisation of cannabis. He also explained that cannabis refers to both hemp and dagga. Ramashala added that small scale growers will be receiving assistance from government. Ramashala adds that if a farmer wants to partake in growing cannabis, he would need to have access to land – whether it is owned or borrowed, it does not matter.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.