Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 07 Sep 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
In Frankryk word 91% van die mielies tans in 'n goeie tot uitstekende toestand geskat.
Die nuwe seisoen-aanplantings in Suid-Amerika begin eersdaags en die verwagting is dat Argentinië meer hektaar mielies sal aanplant die komende seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl ander kontrakte onder druk gekom het.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R1/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 053/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R6/ton laer verhandel om teen R3 232/ton te sluit.
Sojabone:
Daar is tans in die VSA baie onsekerhede rakende die verwagte sojaboon-opbrengste vir die seisoen.
Die nuutste verwagtinge is dat die Amerikaanse sojaboon-opbrengs vir die seisoen laer behoort te wees as wat aanvanklik verwag is.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021 R11/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 575/ton te sluit.
Koring:
In Frankryk is 99% van die koring vir die seisoen reeds gestroop alhoewel reën nou besig is om die laaste gedeelte van die stroopproses te belemmer.
Die Oekraïne se jaar tot datum graanuitvoer is 14% meer as die vorige seisoen se jaar-tot-datum-uitvoer.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R16/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 455/ton te sluit.
OFM-nuus
