On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 14 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het ongeveer 1% laer verhandel vir die dag. 

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was aansienlik laer as die vorige week se uitvoerinspeksies. 

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. 

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R13/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 012/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R11/ton hoër verhandel om teen R3 165/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag. 

Die Amerikaanse sojaboon-uitvoerinspeksies was effens hoër as die vorige week se uitvoerinspeksies. 

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R42/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 465/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag. 

Die Amerikaanse koring uitvoerinspeksies was effens hoër as die vorige week se uitvoerinspeksies. 

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel vir die dag met van die kontrakte wat onder druk gekom het terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R4/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 286/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.