On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Hoe #Covid19 ‘n aanlyn droogtehulp-inisiatief raak

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 14 Sep 2021

Hoe #Covid19 ‘n aanlyn droogtehulp-inisiatief raak  | News Article
Foto: Elria Steinberg, stigter van Boks Voer Vir 'n Boer (Facebook)

Die aanlyn droogtehulpprojek, Boks Voer Vir ‘n Boer, waar die publiek voer vir boere in die Boesmanland-streek van die Noord-Kaap via ‘n webblad kan koop, is verlede jaar van stapel gestuur toe die land 'n harde Covid-19 inperkingstydperk ervaar het.

See PODCAST below

Die Boks Voer vir ‘n Boer-aanlynprojek het op 11 Julie 2020 afgeskop en wat so besonders van hierdie projek is, is dat daar geen fisiese hulp deur middel van vragmotors met voer oor die provinsiale grense hoef te gaan nie.

Dié konsep vereis bloot dat donateurs toegang tot die internet het om ‘n virtuele ‘boks’ voer vir ‘n boer in nood te kan koop. Hierdie boer ontvang dan die geld en gaan self na hulle plaaslike koöperasie om die voer vir hulle diere te koop.

“Die aanlynkonsep, wat reeds in Mei 2020 begin broei het, was vir my persoonlik iets ongeloofliks. Om te dink hoe voer by die boere beland sonder om dit vir kilometers van plase of depots af te moet vervoer.

“En Covid-19 het die totale vreemdheid van om aanlyn te koop ook so bietjie weggevee uit Suid-Afrika,” sê Elria Steinberg, stigter van die konsep. Dit beteken dat mense nou meer vertroud is met aanlyn aankope.

LEES: #LandbouHoop: Koop ‘n ‘boks’ voer vir die boer van jou keuse

Met sekere Covid-19 beperkings en regulasies wat deur die regering in plek gestel is om die verspreiding van infeksies te help bekamp, is kongresse en groot byeenkomste vir eers stopgesit en het hierdie kongresse aanlyn plaasgevind.

Steinberg sê sy sal graag die projek by platforms soos kongresse en boereverenigings wou bekend stel, maar dit kon weens Covid-19 nie gebeur nie.

Sosiale media het gedurende die pandemie iets geword waar besighede hulle produkte en projekte aan die publiek kon bemark, en omdat meeste mense van die huis af moes werk of skool aanlyn moes bywoon, het sosiale media ook meer gewild geword onder jonk en oud.

“En dan het sosiale media my hele wese kom binnedring - eintlik negatief. Ek moet ‘n breek vat daarvan. Om so ‘n projek suksesvol te doen vat regtig alles van ‘n mens en dit word al waaraan jy dink.

“As ‘n 64 jarige het dit my op vele vlakke geraak en ek het toe begin afskaal aan die bemarking. Want jy verkoop nie ‘n fisiese produk nie, jy verkoop ‘n emosie,” verduidelik Steinberg.

Besoek Boks Voer Vir 'n Boer se webtuiste of Facebook-blad vir meer inligtig oor hierdie projek.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.