On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19: Wolbedryf in VS baie gesond

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 15 Sep 2021

#Covid19: Wolbedryf in VS baie gesond | News Article

Die wolbedryf in die Vrystaat kan beskryf word as baie gesond en baie positief.

Dit, ten spyte van die negatiewe invloed wat die Covid-19-pandemie op sekere wolpyplyne soos veilings en uitvoer gehad het. 

Sien onderstaande PODCAST

Wolmakelaars in Gqeberha (Port Elizabeth) se store was ook deur die Covid-19 pandemie beïnvloed. Hulle moes hulle deure sluit.

Herman Archer, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Vrystaat, voeg by dat wolverwerkingsaanlegte oorsee ook gesluit was en dit alles het ‘n negatiewe invloed op die plaaslike wolbedryf gehad.

“In hierdie stadium het die wêreld se fabrieke weer begin oopmaak soos inperkings in verskillende lande [opgehef] word. Maar die kleinhandel in Europa voorspel dat dit eers einde 2023 weer normaal sal wees in die klere-kleinhandelbedryf,” sê Archer.

Wat siektes betref onder kuddes in die Vrysaat, sê Archer is daar in hierdie stadium nog nie enige ernstige dieresiektes onder wolprodusente aangemeld nie. Hy beklemtoon verder dat biosekuriteit op plase en siektebeheer in kuddes vir die vereniging baie belangrik is. Dus, om siektes hok te slaan, het die vereniging verskeie projekte oor biosekuriteit en dieregesondheid op die plaas van stapel gestuur om boere te help om hulle kuddes so gesond as moontlik te hou.

“Iets waar ons veral op klem lê in hierdie stadium, is Slenkdalkoors. Dit word deur muskiete veroorsaak en dis baie aansteeklik. Veral soos laasjaar waar ons ‘n bogemiddelde reënseisoen gehad het, wil ons ook die produsente aanmoedig om [hulle diere] in te ent teen slenkdalkoors,” sê Archer.

Oor die algemeen is Archer positief oor die wolbedryf. Hy verduidelik dat daar gereeld nuwe verwikkelinge ten opsigte van wol bekend gestel word. Een van hierdie interessante verwikkelinge is dat in Nieu-Seeland word daar branderplank borde van wol gemaak.

Archer sê dis juis sulke ontwikkeling wat hom as ‘n wolprodusent en ‘n voorsitter van die NWKV in die Vrystaat baie opgewonde maak oor die toekoms van wol.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.