On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 15 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 58% van die Amerikaanse mielies in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 58% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is laer as die vorige week se skatting en laer as die vorige jaar se 60% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021, R33/ton hoër verhandel om teen R3 044/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R23/ton hoër verhandel om teen R3 186/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 57% van die Amerikaanse sojabone in 'n goeie tot uitstekende toestand.

Die 57% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand is, is onveranderd vanaf die vorige week se skatting en laer as die vorige jaar se 63% wat in 'n goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R130/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 570/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 12% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 12% wat reeds geplant is, is meer as die vorige seisoen se 9% en ook meer as die 5 jaar gemiddeld van 8% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R89/ton hoër verhandel om teen R5 378/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.