On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Verskeie faktore kan positiewe invloed op SA wolmark hê

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 17 Sep 2021

Verskeie faktore kan positiewe invloed op SA wolmark hê  | News Article

Die Suid-Afrikaanse wolmark kan op die kort tot medium termyn positief beïnvloed word deur die sywaartse beweging in die Australiese wolmark, sowel as die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, voeg by dat daar besluit is om katalogis 6 met een week aan te skuif weens lae volumes wol wat die afgelope tyd ontvang is.

Hy sê katalogisse 6 en 7 sal dan gelyktydig op 29 September verkoop word.

Verder is wol wat in die makelaars se pakhuise hierdie week ontvang is, 14.8% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.

Victor verduidelik dat een van die redes hiervoor die laer ontvangs is, wat die gevolg kan wees van die erge koue wat die afgelope weke ondervind is in groot produksiegebiede, en skeertye wat dus aangepas moes word.

Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.