On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 30 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: agricol.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het 1.25% sterker verhandel vir die dag.

Die verwagting is dat die nuutste kwartaalikse voorraadverslag gaan aandui dat die Amerikaanse mielievoorraad laer is as wat aanvanklik verwag was.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit- en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R11/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 304/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R10/ton laer verhandel om teen R3 484/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die verwagting in die mark is dat die nuutste kwartaalikse voorraad verslag gaan aandui dat die Amerikaanse sojaboon voorraad 67% laer sal wees as die vorige seisoen se voorraad teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R12/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 764/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het meestal sterker gesluit vir die dag.

Die EU se jaar tot datum se koring uitvoere is 37% meer as die vorige seisoen se jaar tot datum koring uitvoere.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R31/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 521/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.