Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 04 Oct 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 1% sterker verhandel vir die dag.
Die ondersteuning in die mark kan grootliks toegeskryf word aan 'n oorspoel-effek vanaf ander kommoditeite, alhoewel die oesdruk tans die prystoenames vir die dag beperk het.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R12/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 319/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R18/ton laer verhandel om teen R3 502/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.
Die Brasiliaanse sojaboon-uitvoer gedurende September was 13.4% meer as die vorige jaar se uitvoer gedurende September.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R175/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 621/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die nuutste syfers van die USDA toon aan dat die Amerikaanse koringvoorraad tot 'n 14 jaar laagtepunt gedaal het en dit bied ondersteuning aan die Amerikaanse pryse.
Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R11/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 595/ton te sluit.
OFM-nuus
