On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Wees op jou hoede vir veediefstal gedurende feestyd

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 05 Oct 2021

Wees op jou hoede vir veediefstal gedurende feestyd | News Article
FOTO: OFM-NUUS

Met feestyd wat al hoe nader kom, word boere gewaarsku om op hulle hoede te wees vir die moontlike toename in veediefstal.

Isabel Kruger, voorsitter van die Veediefstal Voorkomingsforum (VVF) in die Vrystaat, sê veral dorpe langs die Suid-Afrika/Lesotho-grens word die ergste deur hierdie misdaad geraak. 

Sien onderstaande PODCAST

Kruger sê een van die moontlike redes vir die toename in veediefstal is omdat daar baie mense is wat werkloos is en dit vir hulle ‘n bron van inkomste is. Sy voeg ook by dat veediefstal reeds hierdie tyd van die jaar begin toeneem en tot ná die nuwejaar kan voortduur.

Vee-eienaars word versoek om hulle diere te brandmerk, wat sal help met die identifikasie van hulle diere, sou dit gesteel word. “Die veediewe is ingelig oor die diere wat nie gemerk is nie en in hierdie stadium is dit dié [diere] wat hulle teiken om te steel. Dit sluit in die ongemerkte kalwers so voor hulle ses maande… en ons kom ook agter dat hulle hulle toespits daarop om skape te steel wat nie getattoeëer is nie,” verduidelik Kruger.

Ander maniere om te verhoed dat veediewe diere steel, is om diere na aan die huis te skuif en om ook kamera’s en selfs halsbande met 'n elektroniese apparaat om vee se nekke te sit, wat deur 'n selfoon alarm maak sodra daar enige beweging is.

Verder moet diere ook op ‘n gereelde basis getel word, om beter kontrole te hou.

Daarmee saam het Kruger in ‘n verklaring gesê dat veediefstal as ekonomiese sabotasie van die landbousektor beskou kan word. Dit, soos miljarde Rand jaarliks weens hierdie misdaad verlore gaan.

Sy het ook bygevoeg dat tekorte aan hulpbronne in die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Vrystaat bydraend is tot ekonomiese sabotasie van die sektor. “Weens die tekorte word misdaadtonele nie effektief ondersoek nie en speurders daag soms dae nadat ‘n saak gerapporteer is, eers op. Dit dra dan daartoe by dat baie van hierdie veediefstal-insidente nie aangemeld word nie,” sê Kruger verder.

Wanneer daar gekyk word na veediefstalsyfers vir hierdie jaar, sê Kruger is daar reeds ‘n toename van 5,7% in vergelyking met verlede jaar se syfers.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.