On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 05 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: indusscrolls.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister gemeng verhandel, maar het byna onveranderd gesluit vir die dag. 

Die weeklikse uitvoerinspeksies wat deur die USDA bekend gemaak was, het aangetoon dat die weeklikse mielie-uitvoer meer was as wat die algemene verwagtinge in die mark was. 

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit- en geelmielies wat tans gelys is.  

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R9/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 328/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R2/ton hoër verhandel om teen R3 504/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het 1% laer verhandel vir die dag. 

Die weeklikse uitvoerinspeksies wat deur die USDA bekend gemaak was, het aangetoon dat die weeklikse sojaboon-uitvoer naby aan die bopunt van die algemene verwagtinge in die mark was. 

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R166/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 455/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het byna onveranderd verhandel vir die dag en het nie groot prysbewegings getoon nie.  

Die weeklikse koring-uitvoerinspeksies in die VSA was aansienlik hoër as die vorige week se uitvoerinspeksies en ook hoër as wat die algemene verwagtinge in die mark was.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R15/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 610/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.