On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Swaarste speenlammers later die maerste

───   05:00 Wed, 06 Oct 2021

Swaarste speenlammers later die maerste | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

Wetenskaplikes het vasgestel of dit moontlik is om ‘n jong lammer se gewig te gebruik om te voorspel wat die kwaliteit van die karkas op die teikengewig sal wees.

OFM-nuus se Elsabé Richard berig hulle het bevind dat lammers wat swaarder is tydens speen, wat tipies teen 13 weke-ouderdom plaasvind, ‘n heelwat groter waarskynlikheid het om maerder en meer gespierde karkasse te hê…

Sien onderstaande PODCAST

Die Rooivleisprodusente-organisasie berig in sy jongste nuusbrief dat dié karkasse aansienlik meer waardevol tydens slagting was, selfs al is die seisoenale wisselings in lampryse in ag geneem.

Die studie is by ‘n proefplaas in Devon uitgevoer met data van 2 963 skape wat ingesamel is.

Die span het tot die slotsom gekom dat ‘n groter fokus op ooie voor en tydens laktasie van sleutelbelang is om winsgewendheid te verhoog.

Volgens die wetenskaplikes het hulle bewys dat die vetgehalte van lamsvleis baie vroeg in die dier se lewe bepaal word. Aangesien die meeste van lammers se pre-speen voedingswaarde in die vorm van ooimelk is, is dit ook moontlik dat karkas-kwaliteit beïnvloed word deur die bestuur van ooie tydens dragtigheid en laktasie. Aan die ander kant mag die bestuur van lammers ná speen nie so belangrik wees soos die ervaring in hul vroeë leeftye nie.


Ander voordele

Verder word daar ook berig dat aangesien die meeste lammers wat swaarder was tydens speen, die kudde voor die ligter lammers verlaat, kan ‘n toename in gemiddelde speengewig ook help om meer weiding beskikbaar te stel vir ooie in die later stadiums van die huidige seisoen, sodat die ooie se kondisie en vrugbaarheid vir die daaropvolgende seisoen verbeter word.

Die bevindinge kan ook implikasies vir die effek van klimaatsverandering op veeboerdery inhou omdat die betrokke lammers minder tyd op die plaas deurbring, wat laer vrystellings van metaan en stikstof-oksied tot gevolg sal hê.



RPO



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.