On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 06 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: WORLD-GRIAN.COM

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 29% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds gestroop.

Die 29% wat wat reeds gestroop is, is meer as die vorige seisoen se 24% en ook meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 22% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R5/ton hoër verhandel om teen R3 240/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R9/ton hoër verhandel om teen R3 345/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 34% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds gestroop.

Die 34% wat wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 35%, maar meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 26% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R68/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 290/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 47% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 47% wat reeds geplant is, is minder as die vorige seisoen se 50%, maar meer as die 5 jaar gemiddeld van 46% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R18/ton hoër verhandel om teen R5 628/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.