Agri Hour
Nie-gesertifiseerde wol onder druk─── 05:00 Fri, 08 Oct 2021

Nie-gesertifiseerde wol het onder druk verkeer en dit gaan moontlik op die kort- tot mediumtermyn die tendens wees.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 4,7% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.
Victor verduidelik dat een van die redes hiervoor die laer ontvangs is, wat die gevolg kan wees van die erge koue wat die afgelope weke ondervind is in groot produksiegebiede, en skeertye wat dus aangepas moes word.
Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses.
OFM-nuus