On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:46 Fri, 08 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die weeklikse uitvoerverkope wat deur die USDA gerapporteer is, was meer as wat die algemene handelsverwagtinge was vir die week.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is. 

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R39/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 186/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R37/ton laer verhandel om teen R3 304/ton te sluit.


Sojabone

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister aanvanklik onder druk gekom en het later ondersteuning gevind om sterker te sluit vir die dag. Die weeklikse uitvoerverkope wat deur die USDA gerapporteer word, was nader aan die bokant van die algemene handelsverwagtinge vir die week.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.  

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R147/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 250/ton te sluit.


Koring

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel vir die dag en het byna onveranderd gesluit.  

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope was 15% meer as die vorige week se uitvoerverkope.

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander kontrakte onder druk gekom het.  

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R21/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 634/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.