On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri Relief Foundation – Die nuwe hulpfonds

───   05:30 Mon, 11 Oct 2021

Agri Relief Foundation – Die nuwe hulpfonds              | News Article
FOTO: SABRINA DEAN

Die Agri Relief Foundation (ARF) fokus op die hulp aan landbouprodusente in nood.

Dr. Frikkie Maré, senior lektor in die Departement van Landbou-ekonomie by die Universiteit vandie Vrystaat (UV), is een van die direkteure van hierdie organisasie. 

Sien onderstaande PODCAST

Maré vertel dat die Agri Relief Foundation 'n nuwe stigting is wat hulle gedurende die loop van die jaar gestig het. Hy voeg by dat dit 'n nie-winsgewende maatskappy is met die oog op hulp aan landbouprodusente tydens rampe.

“Die idee het gekom van die Agri Bonusnetwerk en van hulle medespelers af, wat gesê het hulle wil 'n stigting op die been bring om meer te kyk na individuele rampe. Nou, daar is baie organisasies wat groot rampe dek, grootskaalse droogtes, brande, ensovoorts, maar ons het gesien dat individuele landbouprodusente ook partykeer deur rampe getref word en die hulp vir hierdie individuele produsente is dan nie altyd in plek nie, dit haal nie altyd die nuus nie, niemand weet regtig daarvan nie en dus gaan die stigting meer fokus op individuele produsente wat hulp nodig het,” vertel Maré.

Hy verduidelik hoe die Agri Relief Foundation vier onafhanklike direkteure het wat ook voorheen op Agri-besighede ensovoorts gedien het. Verder verduidelik hy hoe die stigting gaan werk deur te sê dat indien 'n produsent 'n ramp ervaar - en dit kan wees van sprinkane tot 'n kleinerige brand wat net tot sy plaas beperk was, tot waar daar 'n plaasmoord of 'n plaasaanval was - en dit vir ‘n tydperk nodig is om die plaas te bestuur, word daar aansoek by die stigting gedoen. “Die vier direkteure kyk na die aansoek, die meriete daarvan en besluit dan, gegewe die fondse wat beskikbaar is, hoe hulle kan help en met hoeveel hulle kan help,” sê Maré.

“Die stigting is basies oop vir skenkings van enigiemand, alhoewel dit aan die begin 'n Agri Bonus en lede-inisiatief was, kan enige private persoon of besigheid bydra tot die stigting en ons het reeds besighede wat begin het.”

“Ons is tans reeds in die proses om fondse bymekaar te maak, om skenkings te kry. So, dit is reeds aan die gang, die maatskappy is gestig, die bankrekenings is geopen, so al daai goed is in plek en ons beoog om begin 2022 te kyk na aansoeke. In hierdie [stadium moet ons] net eers fondse in plek kry, as ons dit onmiddellik oopmaak vir aansoeke, gaan ons basies vir almal moet nee sê. So ons moet net eers 'n reserwefonds opbou om die nodige hulpbronne in plek te kry,” vertel hy.

Hy sluit af deur te sê dat dit lekker is om betrokke te wees by so' n inisiatief wat dan ook produsente help.

“Ons moet onthou indien een produsent weens watter rede ook al uit die mark tree, is dit nie net die produsent se familie, sy werkers en hulle families wat beïnvloed word nie, maar dis ook die ekonomie van die naaste dorp waar hulle hulle voorrade aankoop, dis ook daai skool en kerk wat beïnvloed word en as ons kan help met die produsente om hul plase te behou, help ons ook die gemeenskap, die breër, die kleiner ekonomie van die naaste dorp en dan verseker ons ook so voedselsekerheid vir die res van die land,” sê Maré.



OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.