On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 13 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

In die nuutste wêreldvraag en -aanbod verslag, wat deur die USDA bekend gemaak word, word die wêreld se mielie-eindvoorraad vir die 2021/22 seisoen op 301,74 miljoen ton geskat.

Die 301,74 miljoen ton waarop die wêreld mielie-eindvoorraad geskat word, is 4,1 miljoen ton meer as die vorige maand se skatting.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R21/ton hoër verhandel om teen R3 199/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R24/ton hoër verhandel om teen R3 319/ton te sluit.

 

Sojabone:

In die nuutste wêreldvraag en -aanbod verslag, wat deur die USDA bekend gemaak word, word die wêreld sojaboon eindvoorraad vir die 2021/22 seisoen op 104,57 miljoen ton geskat.

Die 104,57 miljoen ton waarop die wêreld sojaboon eindvoorraad geskat word, is 5,68 miljoen ton meer as die vorige maand se skatting.

Die plaaslike sojaboonmark het gister gemeng verhandel met die ou seisoen kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl die nuwe seisoen kontrakte onder druk gekom het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R5/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 195/ton te sluit.


Koring:

In die nuutste wêreldvraag en -aanbod verslag, wat deur die USDA bekend gemaak word, word die wêreldkoring-eindvoorraad vir die 2021/22-seisoen op 277,18 miljoen ton geskat.

Die 277,18 miljoen ton waarop die wêreldkoring-eindvoorraad geskat word, is 6,04 miljoen ton minder as die vorige maand se skatting.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R9/ton hoër verhandel om teen R5 680/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.