On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 14 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 41% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds gestroop.

Die 41% wat wat reeds gestroop is, is meer as die vorige seisoen se 39% en ook meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 31% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R60/ton laer verhandel om teen R3 135/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R70/ton laer verhandel om teen R3 249/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 49% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds gestroop.

Die 49% wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 58%, maar meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 40% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R107/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 090/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 60% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 60% wat reeds geplant is, is minder as die vorige seisoen se 66%, maar gelykstaande aan die 5-jaar gemiddeld teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R11/ton hoër verhandel om teen R5 694/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.