On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 18 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: agricol.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 2% sterker verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse mielie-uitvoerverkope verslag, wat verlede week bekend gemaak was, het aangetoon dat die weeklikse uitvoerverkope 85% meer was as die vorige vier weke se gemiddelde uitvoerverkope.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R41/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 122/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R42/ton hoër verhandel om teen R3 231/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag.

Die Amerikaanse uitvoerverkope verslag het aangedui dat die Amerikaanse sojaboon-uitvoerverkope vir die week 9% hoër was as die vorige vier weke se gemiddelde uitvoerverkope.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R36/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 036/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse uitvoerverkope verslag het aangedui dat die Amerikaanse koring-uitvoerverkope vir die week 42% hoër was as die vorige vier weke se gemiddelde uitvoerverkope.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R41/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 701/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.