On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Deel 2: Wes-Kaapse landboudepartement stel ‘Een Huis Een Tuin’-projek bekend

───   05:00 Tue, 19 Oct 2021

Deel 2: Wes-Kaapse landboudepartement stel ‘Een Huis Een Tuin’-projek bekend | News Article
iMAGE: www.sapeople.com

OFM-nuus se Lee Simmons gaan vanoggend voort om in deel twee van haar onderhoud met Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou in die Wes-Kaap, te gesels oor dié departement se pogings om voedselsekuriteit in daardie provinsie te verseker.

Sien onderstaande PODCAST

Die projek van Een Huis, Een Tuin, werk soos volg: Die Wes-Kaapse landboudepartement gaan na die verskillende munisipaliteite, dan kry hulle 'n lys van name wat aandui watter gesinne en huishoudings minder geskik is. Dan gaan hulle saam met die landbouspan na die huise, doen 'n bietjie navorsing en beplan hoe om te werk te gaan met die aanplant en begin van hierdie tuintjies.

“Ons het ook die gemeenskapstuine by skole, by kerke en by laerskole, wat die gemeenskapslede ook vir voedsel kan gebruik. Daar is dus verskillende modelle, maar die belangrikste een is ‘een huis, een tuin’,” sê Meyer.

Hy sê hulle het hierdie projek twee jaar gelede begin en is besig met die implementering daarvan in soveel gemeenskappe as wat hulle kan, aangesien hulle kan sien dat die impak van Covid-19 langtermyneffekte sal hê, wat hulle probeer help voorkom.

“Ek verwelkom enige hulp van enige organisasie wat wil betrokke raak. Hulle kan onmiddellik skakel met ons Wes-Kaapse Departement van Landbou. Ons het ook ? webwerf (www.elzienberg.com). U sal al die inligting op ons webwerf kry. U kan ons ook skakel as u betrokke wil raak by hierdie inisiatiewe,” voeg Meyer by. 

Hy sê dat hulle baie meer mense wil help deur hierdie projek, van kinders tot moeders wat hulle werk verloor het tydens Covid-19, tot minderbevoorregte huishoudings en soveel gemeenskaplede soos wat hulle kan.

“Enige persoon wat ? tekort het, hoef ook nie meer vir die Staat te wag nie. Ons het ook so ? klein saad pakkie omtrent so groot soos ? sigaret boksie. Daar is ook saad in en die mense kan uit daai klein boksie ‘n groentetuin by jou huis begin,” vertel Meyer.

Hy sluit af deur te sê dat hy baie dankbaar is vir die voorbeeld wat baie ander organisasies vir die res van Suid-Afrika voorhou, deur hulle omgee vir die minderbevooregte mense. “Ek is dankbaar vir ons boere wat hande uitreik na ons ander in die res van die land. Dit is alles deel van voedselsekuriteit. Vir al die organisasies en mense sê ons ‘n groot dankie vir al die bydraes,” sê Meyer.



OFM-nuus/Lee Simmons


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.