Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 19 Oct 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het 1,25% sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse uitvoerinspeksies verslag wat gister bekend gemaak was, was positief en het ondersteuning aan die mark gebied.
Die plaaslike mieliemark het gister gemeng verhandel en het nie groot prysbewegings vir die dag getoon nie.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R13/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 135/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R4/ton hoër verhandel om teen R3 235/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister gemeng verhandel, maar het op die ou end effens sterker gesluit vir die dag.
Die weeklikse uitvoerinspeksie-verslag van sojabone was ook hoër as wat verwag was en het bygedra tot die ondersteuning van die pryse.
Die plaaslike sojaboonmark het gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander kontrakte onder druk gekom het.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R6/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 030/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander onder druk gekom het.
Die Amerikaanse uitvoerinspeksies verslag was teleurstellend en was laer as wat verwag was.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R48/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 749/ton te sluit.
OFM-nuus
