Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 25 Oct 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het 1% sterker verhandel vir die dag.
In Frankryk word gerapporteer dat 32% van die seisoen se mielies vir die seisoen reeds gestroop is. Dit is aansienlik laer as die gemiddeld van 75%, voltooi teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R6/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 095/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R1/ton hoër verhandel om teen R3 219/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die verwagting is dat die hoër internasionale kunsmispryse kan lei tot meer sojaboon-aanplantings in die komende seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R13/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 072/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die ondersteuning aan die Amerikaanse koringmark kan grootliks toegeskryf word aan goeie internasionale verbruik en produksieprobleme in die VSA.
Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R30/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 721/ton te sluit.
OFM-nuus
