On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Die landbousektor word onder druk geplaas deur stygende brandstofpryse

───   16:58 Mon, 25 Oct 2021

Die landbousektor word onder druk geplaas deur stygende brandstofpryse | News Article

Stygende insetkoste, soos direkte materiaal, direkte arbeid en ander oorhoofse uitgawes, bied 'n groot uitdaging vir voedselproduksie in Suid -Afrika. Om meer hieroor uit te vind, het OFM-nuus se Lee Simmons met, Christo Van der Rheede...

"Ons sien 'n taamlike styging in bemestingstowwe asook onkruiddoders, ons verwag ook' n baie groot styging in petroleumkostes en dan het die boere ons ook laat weet dat hulle groot uitdagings het met die koste van verpakkingsmateriaal. So al hierdie kostes plaas Landbou in 'n koste knyptang met ander woorde die boere kan nie meer winsgewend produseer as die insetkoste dag na dag styg nie en dus het ons darem' n nuusverklaring uitgebring om dit onder die aandag van regering en die publiek te bring en baie van die oplossings is, kan ons plaaslik vind. Foskor is een van die grootste myne in die wêreld, waar fosfaat gemyn word en dis 'n belangrike bestanddeel vir kunsmis, maar ons kry nie die voordeel van, jy weet' n plaaslike myn wat die nodige material produseer plaaslik nie en dus vir ons 'n groot bron van kommer. Dus waarom ons sê dat Foskor moet dalk onder nuwe bestuur geplaas word, dalk nuwe aandeelhouers of wat ookal sodat ons die voordeel van goedkoper pryse kan kry, die ding is dan plaaslik beskikbaar," vertel Van der Rheede.

Hy voeg by dat ,"Die groot uitdaging by Foskor is maar die feit dat dit nie voorraad, jy weet, op 'n gereelde grondslag beskikbaar maak aan die plaaslike mark nie. Ons sien ook daar is hier en somtyds is daar produksie probleme en daar is al hierdie ander bestuursprobleme. Die IDC is die grootste aandeelhouer op hierdie stadium so met ander woorde, dis 'n semi staatinstelling en al wat ons sê is dalk moet die ding geprivatiseer word, want lyk my alles wat onder die staat se beheer geplaas word steek net probleme vorentoe. Ons sien dieselfde probleme by Eskom, ons sien dieselfde probleme by ander staatsinstellings dat dit is veronderstel om die Suid-Afrikaanse publiek en Suid-Afrika tot voordeel te wees, maar dit nie behoorlik bestuur word nie en daar voortdurend probleme is, jy weet hou dit net groter nadeel in vir Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse verbruiker."

Hy Sê  een van die groot uitdagings is natuurlik petrol, Suid- Afrika sit met baie groot steenkoolbronne, soos Sasol. "Hoekom kan ons nie Sasol in staat stel om hierdie steenkoolbronne te benut en dit om te skakel in petroleum nie en dan dit teen 'n laer prys vir die Suid-Afrikaanse publiek deur te gee," sê Van de Rheede. "Die verskoning dat, jy weet, Sasol meeding met die res van die wêreld daar buite en dat dit nie petroleum teen' n laer prys beskikbaar kan stel nie is vir my totaal, jy weet, onaanvaarbaar en dieselfde geld, jy weet, ons het gasbronne in Mosambiek wat op die oomblik omskep word in watter mate Suid-Afrika 'n vennootskap met Mosambiek het om daai gas ook te herlei na Suid-Afrika toe sodat ons goedkoper energiebronne kan hê, want duur energie, ons sien nou moontlike styging, ons betaal reeds meer as R18 vir oktaan, vir petrol en ook meer as R17 vir diesel en dan sit ons met 'n moontlike styging in elektrisiteitskostes ook. Nou al hierdie kostes aan die einde van die dag bring' n koste knyptang weer. Ons het hulpbronne," Voeg hy by.

Hy sê die  die hulpbronne moet reg bestuur word en dat ons die regte vennootskappe moet sluit met die privaatsektor sodat ons die voordeel van goedkoper pyse kan deur gee na ons verskillende sektore toe, want indien ons goedkoper kan produseer en meer beter kan meeding met ons oorsese eweknieë dan trek Suid-Afrika daaruit voordeel en ons kan in die proses beter werk skep en ons kan ons ekonomie help groei.

"Ons sien dit in die styging in die inflasiekoers, die mediaan wat die Reserwebank voor hou as 'n gesonde inflasiekoers is 4,5%. Augustus het hy al reeds op 4,8% gestaan. Ons sien ook dat hy in September gestyg het na 5% toe en as die inflasiekoers styg, beteken dit een ding, dat kosprys styg. Ons sien geweldige stres in vleispryse, geweldige stres in melkkaas en ander produkte. Ook styging in ander voedselprodukte met ander woorde die kosmandjie raak al hoe duurder en dit hou niks goeds in vir Suid-Afrika en die armste van die armste mense in Suid-Afrika nie," sluit hy af.


 

OFM News/Lee Simmons

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.