Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 26 Oct 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister sywaarts verhandel en het nie groot prysbewegings vir die dag getoon nie.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was teleurstellend met die weeklikse uitvoerinspeksies wat 48% laer was as die vorige week se uitvoerinspeksies.
Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en hoër gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R80/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 175/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R94/ton hoër verhandel om teen R3 313/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 1.25% hoër gesluit vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was 14% laer as die vorige week se inspeksies, alhoewel dit steeds goeie uitvoer was vir die week.
Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en hoër verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R48/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 120/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was effens hoër as die vorige week se uitvoerinspeksies.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R69/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 790/ton te sluit.
OFM-nuus
