On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Skouhoenders – hoenders waarmee jy kan spog

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 27 Oct 2021

Skouhoenders – hoenders waarmee jy kan spog | News Article
Foto: Ben Janse van Rensburg

Die teel van skouhoenders is ‘n stokperdjie vir jonk en oud.

Dít is volgens Ben Janse van Rensburg, ‘n liefhebber en teler van skouhoenders by Bainsvlei buite Bloemfontein in die Vrystaat. 

Janse van Rensburg teel onder meer met Poolse nie-bebaarde kuifkoppe en rooskam-bantams en deel dat die versorging van skouhoenders baie intensief is. 

Sien onderstaande PODCAST

Janse van Rensburg se passie, vir wat hy noem die geveerde vriende, het reeds begin toe hy ‘n kind was in die 1960s. Sy passie is veral aangevuur toe hy skoue bygewoon het waar hierdie hoenders trots deur hulle verskeie telers uitgestal is.

Hy, wat in 1998 as lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) afgetree het, vertel dat die doel van hierdie passie is om die standaard van perfeksie, per ras wat hy teel, op die hoogste standaarde te bring.

Die Old English Game-bantams sowel as Silkie-bantams is twee ander rasse waarmee hy teel.

Nóg ‘n passie van Janse van Rensburg sluit in om broeikaste te bou, te diens en te herstel vir ander telers.

In terme van hoe gewild dié tipe boerdery is, deel Janse van Rensburg dat jonk en oud regoor die wêreld hierdie passie deel en hy raai veral die jongspan aan om met skouhoenders te begin teel.

Maar een ding wat in gedagte gehou moet word, maan Janse van Rensburg, is hoe intensief die teel en versorging van sulke hoenders kan wees. Baie tyd, energie en natuurlik passie gaan in die versorging van skouhoenders in.

Daarmee saam is dit belangrik dat hierdie hoenders as skouhoenders by die Suider-Afrikaanse Skoupluimvee Organisasie (SASPO) geregistreer word.

“[Ek bad my hoenders] een keer ‘n maand, ek poeier hulle en ek smeer hulle pote met ‘n Vaseline-mengsel om miete en parasiete van hulle weg te hou,” sê Jansen van Rensburg.

Verder word sy skouhoenders se hokke elke derde dag gespuit met ‘n natuurlike mengsel om vlieë en muskiete weg te hou. Die hoenders word ook daagliks ondersoek om seker te maak dat hulle nie enige gebreekte vere en naels het nie. 

Luister gerus na die volledige onderhoud:



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.