On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 27 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 66% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds gestroop.

Die 66% wat wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 70%, maar meer as die 5-jaar gemiddeld van 53% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R10/ton hoër verhandel om teen R3 181/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R3/ton hoër verhandel om teen R3 305/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 73% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds gestroop.

Die 73% wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 82%, maar meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 70% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R10/ton hoër gesluit vir die dag om teen R7 130/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 80% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 80% wat reeds geplant is, is minder as die vorige seisoen se 84%, maar gelykstaande aan die 5-jaar gemiddeld teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R1/ton hoër verhandel om teen R5 783/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.