On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

SA wolmark toon verbetering

───   05:00 Fri, 29 Oct 2021

SA wolmark toon verbetering | News Article
Foto: scienceabc.com

Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek ‘n effense verbetering getoon.

Dit, ten spyte van die verswakking in die Australiese wolmark. Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die verbetering kan grootliks toegeskryf word aan die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede. 

Sien onderstaande PODCAST

Victor sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 12,6% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.

Verder het volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, weer eens goeie aandag op die veiling geniet en heelwat beter presteer as die markgemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 3 November 2021. Daar word verwag dat sowat 8 806 bale aangebied sal word.

Victor herinner produsente dat inweeg vir die laaste veiling van 2021 op 3 November 2021 sluit. Dit sal vir katalogus CB16 wees.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.