On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Neerslae kan lei tot oorstromings, uitbrake van sprinkaanswerms

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 01 Nov 2021

Neerslae kan lei tot oorstromings, uitbrake van sprinkaanswerms | News Article
Foto: earth.com

Meeste van die damme in Sentraal Suid-Afrika is reeds vol, en sou ons meer reën ervaar, bestaan daar ‘n moontlikheid van oorstromings in die laagliggende gebiede waar hierdie damme geleë is.

Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, waarsku ook oor moontlike uitbrake van sprinkaanswerms. 

Sien onderstaande PODCAST

Van den Berg sê hoewel min reën in die eerste week van November verwag word, lyk dit of reënbuie van die tweede week af in die oostelike dele gaan vorm. Daarna lyk neerslae gunstig vir einde November sowel as vir Desember.

“Die La Nina-verskynsel is besig om sterker te ontwikkel. Die Indiese Oseaan se see temperature is ook relatief gunstig vir reënval. So, oor die algemeen lyk die seisoen vorentoe eintlik baie positief in terme van reënval.

“[Maar] daar gaan uitdagings dié seisoen wees. Een daarvan gaan waarskynlik sprinkane wees met hierdie vroeë reën. Ons het verlede jaar al redelike sprinkaanplae in gedeeltes van die Noord- en die Oos-Kaap gehad. So, [sprinkane] gaan vanjaar dalk vroeër uitbroei en verder noordwaarts beweeg,” sê Van den Berg.

Wat hael betref, sê Van den Berg is dit moeilik om te voorspel. Sy sê hael volg nadat ‘n boer in die Vrystaat meer as 300 van sy skape in ‘n haelstorm verloor het. Maroela Media het verlede week berig dat die jong Vrystaatse boer, Heyns Theron, verlede week Maandag meer as 250 vervangingsooie in 'n haelstorm verloor het.

Die boerdery het groot finansiële skade gely.


Oktober reënval in die Noord-Kaap

OFM-nuus se Roderick Titus het vroeër berig dat die reën wat die afgelope week in die Boesmanland-streek in die Noord-Kaap en dele van die Karoo geval het, die meeste is wat sedert Oktober 1996 vir 'n maand aangeteken is.

In 1996 het 35 millimeter reën in Williston geval, vergeleke met tussen 20 en 45 millimeter reën verlede week. Die Upington-gebied het 50 millimeter reën gemeet, gevolg deur 25 millimeter by Augrabies, 33 millimeter by Brandvlei en 19 millimeter in Calvinia.

Die Kalahari by Askham het 20 millimeter gerapporteer, gevolg deur 22 millimeter reën by Vanzylsrus.

Verder is minstens 50 millimeter reën by Poffader gemeet en is volgens Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, die meeste reën ooit. Hy sê in 2005 is 24 millimeter reën in Poffader gemeet, en in 1982 is 35 millimeter gemeet. Van den Berg sê verder die reën wat die afgelope twee weke geval het, kan dalk deur nog reën opgevolg word wat hopelik die droogtetoestande van agt jaar en meer in die Noord-Kaap kan breek.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.