Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 02 Nov 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 2% sterker gesluit vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was nader aan die onderkant van die weeklikse handelsverwagtinge.
Die plaaslike mieliemark was gister gesluit weens 'n opebare vakansiedag.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister meestal sywaarts verhandel.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was 11.5% laer as die vorige week se inspeksies.
Die plaaslike sojaboonmark was gister gesluit weens 'n openbare vakansiedag.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was laer as die vorige week se uitvoerinspeksies.
Die plaaslike koringmark was gister gesluit weens 'n opebare vakansiedag.
OFM-nuus
