On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 03 Nov 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 74% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds gestroop.

Die 74% wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 81%, maar meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 66% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R69/ton hoër verhandel om teen R3 344/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R75/ton hoër verhandel om teen R3 490/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 79% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds gestroop.

Die 79% wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 86%, asook as die 5-jaar gemiddelde tempo van 81% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander kontrakte onder druk gekom het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R20/ton hoër gesluit vir die dag om teen R7 320/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 87% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 87% wat reeds geplant is, is minder as die vorige seisoen se 88%, maar meer as die 5-jaar gemiddeld van 86% teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R76/ton hoër verhandel om teen R6 003/ton te sluit.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.