On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agri Hour

Die belangrikheid van regsdokumente vir diegene in die veebedryf

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 03 Nov 2021

Die belangrikheid van regsdokumente vir diegene in die veebedryf  | News Article
Foto: senwes.co.za

Artikel 6 van die Wet op Veediefstal, Wet Nr 57 van 1959, het te doen met die oordrag van eienaarskap van vee.

Volgens Isabel Kruger, voorsitter van die Veediefstal-voorkomingsforum (VVF) in die Vrystaat, is dit ook dié artikel se sub-artikel 3 wat vereis dat die dokumentasie van die transaksie vir minstens een jaar gebêre moet word. 

Sy voeg by dat die dokument waarna in artikel 8 verwys word, ook ingevolge die Wet op Veediefstal, die vee-verwyderingsertifikaat is. 

Kruger sê hierdie twee dokumente is baie belangrik en lewendehawe produsente benodig dit as hulle vee vervoer en vee aankoop. 

Sien onderstaande PODCAST

Die artikel 6 dokument

Kruger verduidelik dat hierdie dokument ingevul moet word wanneer vee verkoop word of na ‘n veiling toe geneem word.

Sy vra dat vee-eienaars seker moet maak dat die korrekte inligting op die dokument ingevul word en dat hulle baie spesifiek moet wees met die tipe diere wat hulle verkoop. Eienaars moet dan aandui watter tipe ras en geslag dit is en hoeveel van hierdie diere verkoop word.

Dié dokument maak ook voorsiening vir diere wat nog nie getattoeëer is volgens wet nie, soos lammers onder die ouderdom van een maand en kalwers jonger as ses maande.

Dokumente kan by die provinsiale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se kantore gekry word.

Verder moet die artikel 6 dokument deur die eienaar onderteken word, en indien iemand anders, soos die plaasvoorman, die diere verkoop, is daar ‘n kolom waar hy sy besonderhede kan invul.


Die artikel 8 dokument

Die vee-verwyderingsertifikaat word nie deur die verkoper ingevul nie. Kruger beklemtoon dat die persoon wat die vee koop en hulle vervoer, sy of haar besonderhede op die artikel 8-dokument moet invul. Die nuwe vee-eienaar sal dan volmag kan gee aan byvoorbeeld sy plaasbestuurder om die vee te vervoer. Hierdie persoon moet seker maak dat hy die ingevulde dokument in sy besit het.

“Wanneer die vee-eienaar self sy diere vervoer en hy het die artikel 6-dokument by hom, is dit nie nodig dat hy ‘n artikel 8-dokument toon nie, want hy is die wettige eienaar van daardie diere,” voeg Kruger by.

Indien die artikel 8-dokument deur die verkeerde persoon ingevul en geteken word, maak dit die dokument ongeldig.


Besoek die VVF se webtuiste vir meer inligting.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.