Agri Hour
SA wolmark se verbetering toegeskryf aan verswakking van Rand─── 05:00 Fri, 05 Nov 2021
Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek ‘n verbetering getoon en dit kan toegeskryf word aan die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede.
Volgens Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, kan die verbetering ook toegeskryf word aan die verbetering in die Australiese wolmark.
Victor sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 13,3% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.
Verder het volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, weer eens goeie aandag op die veiling geniet en heelwat beter presteer as die markgemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende veiling is geskeduleer vir 10 November 2021. Daar word verwag dat sowat 9 170 bale aangebied sal word.
Die laaste veiling van die jaar vind op 1 Desember 2021 plaas. Dit sal vir katalogus CB16 wees.
OFM-nuus
