On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Agri Hour

Byeboer gesels oor hoe die Noord-Kaapse hitte bye raak

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 08 Nov 2021

Byeboer gesels oor hoe die Noord-Kaapse hitte bye raak | News Article

Die warm somermaande kan ‘n negatiewe effek op byeboerderye hê.

Maar Jana du Plessis, ‘n suksesvolle byeboer uit die Keimoes-omgewing in die Noord-Kaap, sê daar is ‘n paar dinge wat byeboere kan doen om bye gedurende warm dae te ondersteun.

Sien onderstaande PODCAST

Bye se produksievlakke word baie geaffekteer deur hoë temperature in die Noord-Kaap.

Hulle is geneig om gedurende baie warm dae meeste van die tyd in hulle kaste te bly om af te koel. Was en heuning in byekaste is ook geneig om te smelt en uit te loop as dit te warm is.

Du Plessis se uitdagings gedurende somer sluit in om voldoende skaduwee en water vir haar bye te verskaf om hulle te help afkoel.

Sy raai byeboere aan om nie hulle byekaste in ‘n oop stuk veld te plaas nie, maar om eerder seker te maak dat dit onder koelte geplaas word met genoegsame water en kos rondom hulle.

Sy deel dat heuningproduksie toe, óf af kan neem gedurende die warm somersmaande, afhangend van of die omgewing goeie reënval gehad het en die veld vol blomme is.

“As ons nie baie reën gehad het nie dan werk die bye net tot waar hulle kan en tot waar hulle kos kan kry.”

Du Plessis sê verskeie bome langs die Oranjerivier begin nou blom ná goeie reënval in daardie gebied die afgelope tyd. Dit is dan ‘n goeie aanduiding dat daar genoegsame kos vir die bye sal wees wat heuningproduksie sal akkommodeer.

Dit sal egter nie die geval wees vir byeboere wat in gebiede geleë is wat nie goeie reën ontvang het nie.


Boodskap aan byeboere in brandgeteisterde gebiede

“Ek wil net vir die byeboere sê: moenie moed opgee nie. Vanaf Kimberley, Douglas, Kuruman, Skeifontein, julle het brande gehad… moenie moedeloos raak nie. Begin weer van voor af. Dis moeilik en dit kos geld, maar hou moed.

“So, ek wil net aan my mede-byeboere sê alle sterkte aan hulle, ek bid vir hulle en ek weet die Here sal kyk na hulle.

“Staan sterk mense. Lig op jou kop en kyk vorentoe.”

Du Plessis se bemoedigende boodskap volg vadat sentraal Suid-Afrika gedurende vanjaar se brandseisoen erg deur wegholveldbrande geraak is. 

OFM-nuus het vroeg in Oktober berig dat Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, bekend gemaak het dat meer as 450 000 hektaar in ‘n tydperk van twee maande in die provinsie deur veldbrande verwoes is. 

Hy het ook sy kommer uitgespreek oor donderstorms wat gewoonlik met hewige donderweer en weerlig gepaard gaan, wat die risiko vir die natuurlike ontstaan van brande vergroot.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.