On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 09 Nov 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksie-verslag wat deur die USDA bekend gemaak is, het aangetoon dat die weeklikse mielie-uitvoerinspeksies 16% laer was as die vorige week se inspeksies.

Mexiko was die grootste koper van Amerikaanse mielies vir die week.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R117/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 189/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R107/ton laer verhandel om teen R3 335/ton te sluit.


Sojabone:

Die weeklikse Amerikaanse sojaboon-uitvoerinspeksies is hoër as die vorige week se inspeksies en aan die bokant van die weeklikse handelsverwagtinge.

China was die grootste koper van Amerikaanse sojabone vir die week.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R162/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 000/ton te sluit.


Koring:

Die weeklikse Amerikaanse koring-uitvoerinspeksies was 77% meer as die vorige week se uitvoerinspeksies.

Meksiko was die grootste koper van Amerikaanse koring vir die week.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R104/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 690/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.