On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 10 Nov 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 84% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds gestroop.

Die 84% wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 90%, maar meer as die 5-jaar gemiddelde tempo van 78% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R4/ton hoër verhandel om teen R3 202/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R11/ton laer verhandel om teen R3 327/ton te sluit.

 

Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 87% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds gestroop.

Die 87% wat reeds gestroop is, is minder as die vorige seisoen se 91%, asook as die 5-jaar gemiddelde tempo van 88% wat reeds gestroop is teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R100/ton laer gesluit vir die dag om teen R6 900/ton te sluit.


Koring:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 91% van die Amerikaanse winterkoring reeds geplant.

Die 91% wat reeds geplant is, is minder as die vorige seisoen se 92%, maar gelykstaande aan die 5-jaar gemiddeld teen dieselfde tyd van die jaar.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R18/ton laer verhandel om teen R5 676/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.