Agri Hour
SA wolmark toon verswakking─── 05:00 Fri, 12 Nov 2021
Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek ‘n verswakking getoon.
Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê dit kan toegeskryf word aan die verswakking in die Australiese wolmark, asook die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede.
Sien onderstaande PODCAST
Victor sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 13,3% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.
Verder het volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol weer eens goeie aandag op die veiling geniet en heelwat beter presteer as die markgemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende veiling is geskeduleer vir 17 November 2021. Daar word verwag dat sowat 12 146 bale aangebied sal word.
Victor herinner produsente dat die laaste wolveiling van 2021 op 1 Desember sal plaasvind. Dit sal vir katalogus CB16 wees.
OFM-nuus
