On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 16 Nov 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die mark was hoofsaaklik onder druk weens tegniese verkope wat in die mark plaasgevind het.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R53/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 301/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R38/ton hoër verhandel om teen R3 441/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 1% hoër gesluit vir die dag.

Die weeklikse uitvoerinspeksies was positief en het ondersteuning aan die Amerikaanse mark gebied.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R49/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 230/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het hoofsaaklik sterker afgesluit vir die dag.

Die Amerikaanse uitvoerinspeksies was 55% meer as die vorige week se uitvoerinspeksies.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R19/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 936/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.