On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 19 Nov 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die jaar-tot-datum Amerikaanse uitvoerverkope van mielies is laer as die vorige seisoen se jaar-tot-datum uitvoerverkope.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R27/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 360/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R17/ton hoër verhandel om teen R3 500/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die jaar-tot-datum Amerikaanse uitvoerverkope van sojabone is laer as die vorige seisoen se jaar-tot-datum uitvoerverkope.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R54/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 440/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die jaar-tot-datum Amerikaanse uitvoerverkope van koring is laer as die vorige seisoen se jaar-tot-datum uitvoerverkope

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R65/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 024/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.