On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

VS-damvlakke lyk beter as ‘n jaar gelede

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 22 Nov 2021

VS-damvlakke lyk beter as ‘n jaar gelede | News Article
Bloemhofdam. FOTO: Elsabé Richard/OFM-nuus

Die Vrystaatse damvlakke lyk oor die algemeen beter as wat dit ‘n jaar terug was.

Rossouw Botes, DA-raadslid in die Mangaung Metro en die party se woordvoerder oor Watersake, sê slegs twee van die 17 damme wat hy monitor in die provinsie het ‘n afname getoon. 

Veral besproeiingsboere sal uit hierdie oor die algemeen hoër damvlakke voordeel trek. 

Sien onderstaande PODCAST

Die statistieke wat Botes verskaf, is vanaf 19 November 2020 tot 19 November 2021. 

Damme
19 November 2020
19 November 2021
Katsedam
24,49%
67,72%
Bloemhofdam
81,33%
93,09%
Gariepdam
74,86%
88,08%
Rustfonteindam
28,52%
56,99%
Vanderkloofdam
84,54%
89,31%
Allemanskraaldam
37%
73,07%
Erfenisdam
56,90%
79,23%
Kalkfonteindam
18,12%
56,04%
Krugersdriftdam
70,29%
93,70%

 

“Oor die algemeen kan ek sê ons damme het heelwat meer water en ons is baie dankbaar. 

"Ek dink die boeregemeenskap is ook verheug oor die water wat meer is, veral vir besproeiingsdoeleindes, Natuurlik is ons wat in stede en dorpe bly, wat ook van hierdie water gebruik wat vir munisipale doeleindes aangewend word, ook voor dankbaar,” sluit Botes af.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.