On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

CUT skenk voer aan veldbrandslagoffers

───   05:00 Wed, 24 Nov 2021

CUT skenk voer aan veldbrandslagoffers | News Article
FOTO: VERSKAF

Die proefplaas van die Sentrale Universiteit van Tegnologie, Vrystaat (SUT), het sowat vier hektaar sorghum aan boere geskenk nadat hulle lande deur veldbrande verwoes is.

Sien onderstaande PODCAST

SUT se Operasionele Plaasbestuurder, Jan Jacobs, sê ten spyte van die ontwrigting weens die Covid-pandemie was die skenking steeds moontlik danksy die baie goeie reënseisoen van 2020/21.

“Ons kon meer voer produseer as die huidige behoefte van 2021, toe besluit ons om die voer te sny en te baal ná die verwoestende brande waarin ongeveer 30 000ha natuurlike weiding op 21 Mei 2021 in die buurdorp Dealesville afgebrand het. Die behoefte aan voer uit daardie gemeenskap het ontstaan en ons het gevoel ons kan met hierdie saak help en het die SUT-bestuur gevra of dit moontlik sal wees om 'n paar bale voer aan hierdie gemeenskap te skenk,” het Jan Jacobsz gesê.

Hy voeg by dat hulle deur die behoorlike kanale van georganiseerde landbou in die Vrystaat uitgereik het en dr. Jack Armour van Vrystaat Landbou het voorgestel dat hulle die persoon wat voerskenkings koördineer in Dealesville moet kontak.

“Martin Nel, die koördineerder van Dealesville, het op 1 September 2021 na die SUT-plaas gekom en 33 sorghumbale gelaai. Hy het die verantwoordelikheid geneem om dit onder die boere te versprei wat deur die verwoestende veldbrande geraak is. Al is dit 'n klein skenking, hoop ons dat dit 'n mate van verligting sal bied aan die boere en plaaswerkers in nood,” sê Jacobs.

“Ek wil net vir die landbou sê baie sterkte en baie dankie vir al die harde werk wat hulle onder moeilike omstandighede doen om voedsel te produseer. En dan wil ek vir OFM ook baie dankie sê vir julle Dankie Donderdag-inisiatief. Ek dink almal in landbou waardeer dit,” sluit Jacobs af.



OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.