On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

#FarmAttack: Boere versoek om op hulle hoede te wees hierdie feestyd

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 06 Dec 2021

#FarmAttack: Boere versoek om op hulle hoede te wees hierdie feestyd | News Article

Feestyd word tipies gekenmerk deur omgee en die samekomste van vriende en familie, maar vir boere is dit 'n tyd om meer waaksaam te wees aangesien plaasaanvalle gewoonlik hierdie tyd van die jaar toeneem.

Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, versoek boere om op hulle hoede te wees. 

Le Roux se versoek volg nadat twee Vrystaatse boere verlede week op hulle plase aangeval is. 

Sien onderstaande PODCAST

Le Roux sê die twee plaasaanvalle het in onderskeidelik Bothaville en Koppies plaasgevind.

In Bothaville is 'n 49-jarige boer, sy vrou en dogter verlede week Maandagoggend aangeval. Le Roux sê vyf verdagtes het geld geëis en die slagoffers vasgebind, waarna hulle met geld en die slagoffer se bakkie gevlug het. Twee verdagtes is in hegtenis geneem en die voertuig is by Bothaville gekry.

In Koppies is 73-jarige Johan Prinsloo gedurende ‘n plaasaanval deur vier verdagtes noodlottig gewond. Prinsloo se aanvaller is noodlottig deur die polisie gewond en drie verdagtes in verband met sy moord is nog soek.


In ‘n verklaring het Vrystaat Landbou die volgende wenke vir ‘n meer veilige feestyd gedeel:

  • Skakel in by die veiligheidstrukture wat tussen die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), landbouers en ander rolspelers in u area geskep is. Woon gereeld maandelikse vergaderings by, raak betrokke by wit-/bloulig-patrollies, inoefeninge twee keer per jaar en kom gereeld in kontak met veiligheidskoördineerders van beide die SAPD en georganiseerde landbou in u area; 
  • Skakel in by plaaswag-strukture in u area en maak seker dat u verhouding met u bure en werkers gesond is;
  • Bekom radiokommunikasie, skakel in by die plaaslike radionetwerk, verhoed dat u sonder kommunikasie sit wanneer selfoon-netwerke af is weens byvoorbeeld beurtkrag;
  •  Toets gereeld radiokommunikasie met u veiligheidsnetwerk/koördineerder en bure; 
  • Raak deel van “WhatsApp”-groepe wat pro-aktief inligting rakende verdagte voertuie/persone in u area deurgee – veral ook met kamera netwerke en monitering; 
  • Doen gereelde en deurlopend inoefeninge op u eie gebeurlikheidsplan, wat insluit die hantering van vuurwapens, tesame met u werkers, en waar moontlik verskaf aan hulle handradios na-ure;
  • Skaf 'n addisionele selfoon aan wat op 'n strategiese plek binne die huis geplaas kan word (altyd gelaai) om sodoende in staat te wees om hulp te ontbied indien u bestaande selfoon geroof word. Vergewis uself van sekerheid-/noodseine op u slimfoon wat ook aan 'n bestaande veiligheidsnetwerk gekoppel kan word;
  • Gee voortdurend inligting aan veiligheidskoördineerders van landbou/polisie deur wat van uiterste belang is om pro-aktief op te tree; 
  • Kontakbesonderhede/noodnommers van bure, polisie en veiligheidskoördineerders moet altyd byderhand wees of op selfone gelaai wees;
  • Poog om 'n UPS te installeer veral t.o.v. moontlike beurtkrag in u area tydens die opkomende feesseisoen; 
  • Moenie sommer addisionele werkers inbring of aanstel vir 'n seisoen alvorens u nie seker gemaak het of hulle oor 'n kriminele rekord al dan nie, beskik nie; 
  • Wees asb. paraat en oplettend en rapporteer enige brokkie inligting aan die LV koördineerder van die SAPD in u area, veral t.o.v. moontlike observasiepunte van kriminele, asook die veiligheidsverteenwoordiger van die georganiseerde landboustruktuur in u area.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.