On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 14 Dec 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: britannica.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het neutraal gebly as gevolg van die WASDE-verslag wat geen noemenswaardige veranderinge getoon het nie.

Die wêreldvraag- en -aanbod-verslag het verlede week geen aansienlike veranderinge in Desember 2021 se verwagtinge getoon nie. Die voorspellings vir mielievoorraad en -gebruikskattings, mielieproduksie en eindvoorrade het geen verandering getoon vanaf die November 2021-vooruitsigte nie.

Die plaaslike mieliemark het Maandag ondersteuning gevind. Beide wit- en geel mieliekontrakte het opwaarts verhandel in al die naaste kontrakmaande.

Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R47/ton (1,4%) hoër verhandel en teen R3 400/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R57/ton (1,6%) hoër verhandel en teen R3 572/ton gesluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboon mark het Maandag sterkter verhandel.

Die wêreldvraag- en -aanbod-verslag het verlede week geen aansienlike veranderinge in die Desember 2021 sojaboonvoorraad en -gebruikskattings getoon nie.

Die plaaslike sojaboonmark het Maandag sterkter verhandel, met meeste van die naaste kontrakmaande wat ten miste 1,1% hoër verhandel het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 R120/ton (1,6%) hoër verhandel om uiteindelik op R7 520/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het die naweek herstel nadat die WASDE-verslag uitgereik is om uiteindelik Maandag teen 1,1% sterkter te verhandel.

Die USDA se wêreldvraag- en -aanbod-verslag het berig dat die jongste verslag effens laer voorrade, onveranderde binnelandse gebruik, verminderde uitvoer en hoër eindvoorraad ingesluit het.

Die plaaslike koringmark het Maandag sterkter verhandel, met meeste van die naaste kontrakmaande wat tussen 0,4% - 0,75% hoër verhandel het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R46/ton (0.75%) hoër verhandel om uiteindelik op R6 220/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.