On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Nóg reën is op pad

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 15 Dec 2021

Nóg reën is op pad | News Article
Foto: proagri.co.za

Sentraal Suid-Afrika het reeds die afgelope paar weke goeie neerslae ontvang met sekere dele wat donderweer en swaar reën gekry het.

Damme raak al hoe voller en inwoners en boere wat langs die damme geleë is, word gewaarsku van moontlike oorstromings. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, sê weerstelsels toon dat nog reën op pad is. 

Sien onderstaande PODCAST

Dié neerslae is te danke aan 'n La Nina-verskynsel, waaroor baie kundiges in die landbousektor vele kere oor berig het. Dit veroorsaak 'n bogemiddelde reënval hier, wat die teenoorgestelde uitwerking vir Amerika inhou - naamlik droeër maande vir hulle.

Amerika is die wêreld se grootste produsent en uitvoerder van mielies.


Reënval

Van den Berg sê daar is nog redelik reën oppad vir groot dele van die Vrystaat sowel as vir die oostelike dele van die Noord-Kaap. Droogtegeteisterde dele in die Noord-Kaap, wat nog opvolgreën nodig het, is nie hierby ingetel nie. Maar, daar is 'n groot moontlikheid dat reën wel aan die begin van volgende jaar in die droeë dele van daardie provinsie sal voorkom.

Verder toon weervooruitsigte ook dat die Oos-Vrystaat nog voor die einde van vandeesmaand ongeveer 100mm reën kan ontvang. Kimberley in die Noord-Kaap behoort ook voor Kersfees sowat 30mm reën te ontvang.


Waarskuwings

"Daar is 'n paar risiko's wat ons [in hierdie stadium] na moet kyk. Eerstens, vir die somergraanboere, met die baie reën wat nou voorgekom het en die verwagte reën wat nou nog gaan voorkom, is dit baie noodsaaklik dat boere vinnig klaar plant as daar 'n dag of twee van sonskyn is en die lande is begaanbaar.

"Dan ook om so gou as moontlik bemesting in te sit, want met die min sonskyn en die baie nat toestande, moet daar nie nog ook 'n tekort aan voedingstowwe wees nie.

"[Daarmee saam moet] veeboere ook versigtig wees vir interne parasiete met die baie nat toestande, en gereeld inentingsprogramme volg," sluit Van den Berg.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.