Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Thu, 16 Dec 2021
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Amerikaanse mieliepryse het gister met 0,75% hoër gesluit weens droë toestande in Argentinië, tesame met positiewe prysmomentum van sojabone wat aanleiding gegee het tot tegniese aankope.
Die plaaslike mieliemark het Woensdag in die rooi verhandel. Beide wit- en geelmielie kontrakte het prys dalings gesien in al die naaste kontrak maande.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R50/ton (? 1,5%) laer verhander en teen R3 358/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R49/ton (? 1,4%) laer verhandel en teen R3 521/ton gesluit.
Sojabone:
Amerikaanse sojaboonpryse het gister winste bereik van 1,25% weens vars vraagoptimisme. Stygende sojameelpryse het bykomende ondersteuning verleen.
Die maandelikse verslag van die Nasionale Oliesadeverwerkersvereniging (NOPA) sal vandag gepubliseer word. Ontleders verwag egter dat NOPA November maand se sojaboon-persvolume sal plaas op 4 943 392 ton, wat die vyfde grootste maandelikse totaal op rekord sal wees indien dit sou realiseer. Die plaaslike sojaboonmark het Dinsdag basies onverandered verhandel. Meeste van die naaste kontrak maande het geen verandering getoon nie.
Die plaaslike sojaboon mark het Woensdag in die rooi verhandel met meeste van die naaste kontrakmaande wat tussen 0,4%-0,9% laer verhandel het.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R68/ton (? 0,9%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 455/ton.
OFM-nuus
Koring:
Amerikaanse koringpryse het gister matig swakker verhandel.
Russiese koringpryse het verlede week vir die tweede agtereenvolgende week gedaal en het hoofsaaklik koringpryse in Chicago en Parys laer gevolg nadat die USDA in Desembermaand hul voorspelling vir wêreldkoringvoorrade verhoog het.
Die plaaslike koring mark het Woensdag sterkter verhandel, met meeste van die naaste kontrak maande wat tussen 0.6%-1.1% hoër verhandel het.
Die plaaslike koring mark het vir lewering in Mei 2022 met R38/ton (? 0.61%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 233/ton.
