On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 17 Dec 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: af.wikipedia.org

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Amerikaanse mieliepryse is gister onder druk geplaas deur tuimelende koringpryse wat gelei het tot ‘n rondte tegniese verkope. Die naaste kontrak maand se prys het tot en met 0,5% gedaal.

Verliese was egter beperk gewees danksy uitvoeroptimisme voor die USDA se volgende rondte uitvoerdata wat vandag bekend gestel sal word.    

Die plaaslike mieliemark het Donderdag in die groen verhandel. Beide wit- en geelmielie kontrakte het prys styings gesien in al die naaste kontrakmaande.

Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R50/ton (? 1,5%) hoër verhandel en teen R3 408/ton gesluit. Die geelmielie mark het vir lewering in Julie 2022, R53/ton (? 1,5%) hoër verhandel en teen R3 574/ton gesluit.


Sojabone:

Amerikaanse sojaboonpryse is gister onder druk geplaas deur swak prysmomentum van mielies en koring,  maar het daarin geslaag om met gemengde resultate af te sluit.  Die naaste kontrak maand vir Amerikaanse sojabone het teen 0,2% hoër verhandel.

Met die aanloop na vandag se weeklikse uitvoerverslag van die USDA verwag ontleders dat sojaboonverkope sal wissel tussen 1 010 000 ton en 1 900 000 ton vir die week wat geëindig het op 9 Desember.

Die plaaslike sojaboonmark het Donderdag in die groen verhandel met meeste van die naaste kontrakmaande wat tussen 0,9%-1,4% hoër verhandel het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R105/ton (? 1,4%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 560/ton.


Koring:

Amerikaanse koringpryse het gister groot verliese gelei weens ‘n kombinasie faktore, insluitende die vooruitsigte vir sterker globale koringeindvoorrade en ‘n waarskynlike rekord-oes wat uit Australië sal kom. Gister het sommige koringtermynkontrakte verliese van ongeveer 4% bereik.

Ontleders verwag dat die USDA in vandag se koringverkope sal toon wat wissel tussen 200 000 ton en 500 000 ton vir die week wat geëindig het op 9 Desember.

Die plaaslike koringmark het Donderdag sterkter verhandel, met meeste van die naaste kontrakmaande wat tussen 0,4%-1,1% hoër verhandel het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R66/ton (? 1,06%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 299/ton.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.