On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 04 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Amerikaanse markte het oor die Nuwejaarsperiode gesluit. Met die opening van die markte vanoggend, het die naaste kontrakmaand van Amerikaanse mielietermynkontrakte teen 2% laer verhandel.

Die plaaslike mieliemark het oor die naweek marginaal gedaal. Beide wit- en geelmieliekontrakte het afwaarts verhandel in al die naaste kontrakmaande.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R3/ton (? 0,1%) laer verhandel en teen R3 517/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R17/ton (? 0,5%) laer verhandel en teen R3 600/ton gesluit.


Sojabone:

Amerikaanse markte het oor die Nuwejaarsperiode gesluit. Met die opening van die markte vanoggend, het die naaste kontrakmaand van Amerikaanse sojaboontermynkontrakte teen 2% laer verhandel.

Die plaaslike sojaboonmark het oor die naweek swakker verhandel, met meeste van die naaste kontrakmaande wat tenmiste 0,2% laer verhandel het.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R17/ton (? 0,2%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 832/ton.


Koring:

Amerikaanse markte het oor die Nuwejaarsperiode gesluit. Met die opening van die markte vanoggend, het die naaste kontrakmaand van Amerikaanse koringtermynkontrakte teen 1,8% geklim.

Die plaaslike koringmark het oor die naweek marginaal gedaal, met meeste van die naaste kontrakmaande wat 0,1% geval het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R6/ton (? 0,1%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 160/ton.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.