On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 10 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Let wel, hierdie verslag is Vrydag 7 Januarie vrygestel.


Mielies:

Amerikaanse mieliepryse het Vrydagoggend effens sterker verhandel met die naaste kontrakmaand wat 0,2% hoër verhandel het as die vorige dag. Donderdagaand is die USDA-uitvoerverkopeverslag vrygestel. 

Die uitvoerverkopeverslag het getoon dat Amerikaanse mielie-uitvoerverkope 256 100 ton bereik het vir die week wat op 31 Desember geëindig het. Die uitvoerverkope was 80% laer as die vorige week en 81% van die vorige vier weke gemiddelde. 

Amerikaanse mielie-uitvoerbesendings het verlede week op 985 100 ton gerealiseer en word met 7% verhoog vanaf die vorige week se uitvoer, maar 2% laer as die gemiddeld van vier weke. 

Japan was die nommer een bestemming met 221 100 ton, gevolg deur Mexiko met 210 500 ton, Colombia met 179 500 ton, China met 135 100 ton en Kanada met 113 400 ton.

Die weeklikse SAGIS-produsenteleweringsverslag het aangedui dat vir die week wat op 31 Desember geëindig het, 'n totaal van 4 084 ton witmielies gelewer is. Oor die res van die vakansieseisoen, vanaf 11 Desember tot 24 Desember, is altesaam 10 225 ton witmielies gelewer. 

Die totale witmielies wat tot verlede week kommersieel ontvang is, wat die 35ste produksieweek van die seisoen was, het 7 840 078 ton beloop. Vir geelmielies is 'n totaal van 8 565 ton gelewer in die week wat op 31 Desember geëindig het. 

Die totale geelmielies wat tot verlede week kommersieel ontvang is, wat die 35ste produksieweek van die seisoen was, het 6 644 236 ton beloop. Beide wit en geel binnelandse mieliekontrakte het met aansienlike afwaartse neigings geopen. 

Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R60/ton (-1,7%) laer verhandel en teen R3 573/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R72/ton (-1,9%) laer verhandel en teen R3 623/ton gesluit.


Sojaboon:

VSA sojaboonpryse het Vrydagoggend effens swakker verhandel met die naaste kontrakmaand wat 0,5% laer verhandel het as die vorige dag. 

Die USDA se uitvoerverslag het aangedui dat die VSA sojaboon-uitvoerverkope 382 700 ton vir die week tot 31 Desember was - 'n bemarkingsjaarlaagtepunt. Verkope verlede week was 27% laer as die vorige week en 63% laer as die gemiddelde van vier weke.

VSA sojaboon-uitvoerbesendings het verlede week op 1 742 800 ton gerealiseer en is 1% bo die vorige week se uitvoer, maar 11% laer as die vier-week gemiddelde. Die belangrikste uitvoerbestemmings was hoofsaaklik na China (913 000 ton), Egipte (152 200 ton), Spanje (141 100 ton), Pakistan (129 100 ton) en Nederland (68 800 ton).

Die weeklikse SAGIS-produsenteleweringsverslag het aangedui dat vir die week wat op 31 Desember geëindig het, 'n totaal van 841 ton sojabone gelewer is. Die totale sojabone wat tot verlede week - die 44ste produksieweek van die seisoen -kommersieel ontvang is, het 1 845 241 ton beloop. 

Die binnelandse sojaboonkontrakte het geopen met 'n aansienlik swakker tendens in die kontrakpryse. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R125/ton (-1,5%) laer verhandel om uiteindelik op R7 987/ton te sluit.


Koring:

Amerikaanse koringpryse wat verhandel het, het vanoggend gedaal met die naaste kontrakmaand wat 1,9% laer verhandel het as die vorige dag.

Die USDA se uitvoerverkope het verlede week aansienlik afgeneem. Die USDA het berig dat vir die week wat op 31 Desember geëindig het, 269 300 ton koring uitgevoer is, wat 76% laer was as die vorige week en 87% van die vier weke gemiddelde. 

Dit is die laagste uitvoersyfers vir die 2021/22 bemarkingseisoen. Die totale netto verkope vir die 2022/23 bemarkingseisoen het 2 500 ton beloop wat vir Peru bestem is. 

Totale Amerikaanse koringuitvoer was 37% laer as die vorige week en 17% laer as die vorige 4-week gemiddelde en is gerealiseer op 210 900 ton.

Die weeklikse SAGIS-produsenteleweringsverslag het aangedui dat vir die week geëindig 31 Desember 'n totaal van 43 732 ton koring gelewer is. 

Die totale koring wat kommersieel ontvang is tot verlede week, wat die 14de produksieweek van die seisoen was, het 1 914 219 ton beloop. Die binnelandse koringkontrakte het met 'n aansienlik swakker tendens in die kontrakpryse geopen. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R88/ton (-1,42%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 092/ton.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.