On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Vleispryse bereik rekord-vlakke in Desember 2021

───   05:00 Tue, 11 Jan 2022

Vleispryse bereik rekord-vlakke in Desember 2021 | News Article

Vleispryse het nuwe rekord-vlakke in Desember bereik op die rug van ‘n veerkragtige seisoenale verbruikersvraag en beperkte voorsiening.

Sien PODCAST below

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) berig gunstige produksietoestande het die kuddeherbou-proses ‘n hupstoot gegee, wat die aanvraag na speenkalwers laat styg het sodat ‘n tekort aan voorrade vir beide slag- en voerkraalmarkte ondervind is.

Beesvleispryse het in Desember ‘n historiese vlak van meer as R56/kg en R49/kg vir onderskeidelik Klas A- en Klas C-grade bereik, wat ongeveer 9% en 11% hoër is as die 2020-vlakke.

Die lam- en skaapvleisprsye het verstewig tot meer as R89/kg en R71/kg onderskeidelik, en die premium bo alle ander vleistipes behou.

Globaal het die vleisprysindeks, soos wat dit deur die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) gemeet is, ‘n daling getoon met ‘n vierde agtereenvolgende afname van 0.9% maand-op-maand in November. Hoewel dit jaar-op-jaar steeds 17.6% hoër was, was die vleisprys in November 2021 altesaam 20.7% laer as wat die geval in Oktober was.

Die dinamika wat tot die onlangse daling in globale vleispryse gelei het, sluit die trae Chinese invoeraanvraag in wat die internasionale pryse van varkvleis laat daal het, terwyl die toenemende beskikbaarheid van Oceana, hoofsaaklik Australië, groot druk op die skaapvleiskategorie geplaas het.

Die beesvleiskategorie was egter stabiel met ‘n afname in waardes van Brasilië wat goed verreken is deur die stewiger Australiese pryse wat die gevolge van ‘n voorsieningsknyptang was.

Hoewel produsente waardering vir stewiger vleispryse het, het kostedruk aanhou opbou weens ‘n skerp styging in brandstofpryse en voerkostes. Graanpryse was ongenaakbaar, wat voerkoste voortdurend hoër gedruk het.

Die prys van rou mielies, ‘n belangrike bestanddeel van ‘n voerkraaldieet, het hoog gebly ondanks die rekord-oes en die positiewe seisoenale vooruitskouing weens ‘n sterk La Nina-weerpatroon.

Die Maart 2022 mielie-toekomsmark vir beide die wit- en geelmielie- kategorieë het onlangs R3,584/ton en R3,879/ton onderskeidelik oorskry, wat 12% en 23% bokant die 2020-vlakke is.

Verbruikers kan egter vroeg vanjaar korttermyn-verligting ervaar soos wat die laer seisoenale aanvraag ná Desember te midde van hoër kos-, elektrisiteit en vervoerkoste, afwaartse druk op vleispryse mag plaas.



RPO

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.