On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

SA wolmark lyk belowend vir die res van die seisoen

───   05:00 Fri, 14 Jan 2022

SA wolmark lyk belowend vir die res van die seisoen | News Article
Foto: OFM-nuus

Die Suid-Afrikaanse wolmark lyk belowend vir die res van die seisoen, te danke aan die feit dat dit steeds bestendig presteer.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, berig dat die wisselkoers van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, egter tans ‘n rol speel en dit is die grootste rede vir die daling op vandeesweek se wolveiling.

Hy sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 14,3% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Dit wil voorkom dat die rede hiervoor, sê Victor, die langdurige droogte van die afgelope paar jare is.

Hy deel dat volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, weer eens goeie aandag geniet tydens die veiling. Dit, terwyl gesertifiseerde wol ook beter presteer het as die markgemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 19 Januarie 2022.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.